HOEKOM EK TRADISIONELE DISSIPLINE VERRUIL HET VIR SAGTE DISSIPLINE

SagteDissipline

“Sagte dissipline is gemik daarop om innerlike dissipline te ontwikkel, eerder as om ‘n tugmeester aan te stel.” Da Vinci Ma

Ek is die produk van tradisionele, konserwatiewe Afrikaner dissipline. In ons huis moes kinders stilbly en volg. Ons mag nie met ons ouers verskil het nie, want dit was gesien as disrespek. Ons het pakslae gekry wanneer ons stout was, en ons was gereeld verskreeu.

My broer was byna dood geslaan omdat hy ‘n badkamer venster gebreek het toe ons buite gespeel het, en ek was ook met ‘n broekgordel bygekom omdat ek hom probeer beskerm het. Vir jare lank was ek blootgestel aan ‘n dissipline wat van kinders onderdane gemaak het.

Ek moes toekyk noe my liefling broer so verniel was, en uiteindelik ‘n diabeet geword het van al die trauma wat hy moes beleef.

Hierdie tipe dissipline se fondasies word gebou op vrees. Dis dissipline wat die ontvanger leer dat sy opinie nie tel nie, en wat die tugmeester alle beheer en mag gee. Dit beroof die kind van ‘n goeie selfbeeld, en verseker dat daar onseker, bang volwassenes by jou deur uitstap, wat tien teen een die patroon gaan herhaal wanneer hulle ouers word.

Ek het myself belowe dat dit anders sou wees met my kinders. Ek het van dag een af my kinders gesien as individue wat instaat is om keuses te maak. Sagte dissipline was die natuurlike keuse vir my. Dis gegrond op empatie en respek.

Ek het my hart vertrou toe dit vir my sê dat ek my kind sagkuns moet lei en dat ek my kinders se opinies moet aanhoor sonder om bedreig te voel. Ons het nog nooit weer terug gekyk nie.

Doelwitte van sagte dissipline:

VEILIGHEID: Ek wou hê my kinders moet ten alle tye veilig voel by my. Ek wou hulle plek van veiligheid en aanvaarding wees. Die laaste ding wat ek wou bereik is dat hulle my moes vrees. Ek wou die sagte siel in elk van hulle, ten alle tye koester en beskerm.

VENNOOTSKAP: Ek wou my kinders ‘n vennootskap aanbied. Een wat hulle instaat stel om insae te lewer. Ek wou goeie gedrag aanmoedig deur onderliggende gevoelens en behoeftes van elke kind te ondersoek. Met ander woorde: “Wat het die optrede veroorsaak?”

My uitkyk van sagte dissipline beteken dat ek ten alle tye die kinders se behoeftes erken. Ook dat ek die kind se onvermoё om met sekere situasies te deel, erken en hom help om sosiale vaardighede te ontwikkel.

VAARDIGHEDE: Deur die kind se gevoelens te respekteer, ontwikkel jy probleem oplossing sonder om die kind af te breek. Jy stel ook ‘n voorbeeld vir hulle wat hulle sal help om ander met empatie te behandel.

Die Probleem Situasie: Jou kinders skreeu op mekaar.

Tradisionele Dissipline: Gaan na julle kamers toe! Ek wil nie ‘n woord van julle hoor nie.

Sagte Dissipline: Laat sit albei kinders. Verduidelik dat ‘n mens nie op ander mense skreeu nie. Erken hulle gevoelens van ongelukkigheid met mekaar. Verduidelik dat dit normal is om soms ongelukkig te voel, maar dat jy nie ander mag seermaak in die proses nie. Gee hulle die geleentheid om die situasie te herskep en te oefen.

Instede van afbreek en afsny, het jy nou die geleentheid gebruik om hulle sosiale vaardighede te ontwikkel.

SELF DISSIPLINE: Sagte dissipline is gemik daarop om innerlike dissipline te ontwikkel, eerder as om ‘n tugmeester aan te stel. Verder ontwikkel dit kinders met selfvertroue. Tradisionele dissipline veroorsaak dat kinders emosies onderdruk, wegsteek hoe hulle voel, en ‘n gevoel van minderwaardigheid gekweek word.

RESPEK EN EMPATIE: Deur my kind met respek en empatie te behandel, leer ek hom ook om ander mense met dieselfde respek en empatie te behandel.

SAGTE DISSIPLINE IN AKSIE

Baie mense dink sagte dissipline is gelykstaande aan geen dissipline nie. Daar is vier mites as dit kom by sagte dissipline:

Sagte dissipline stel geen grense nie. Daar is definitiewe grense as dit kom by sagte dissipline, maar dit word anders gekommunikeer as in tradisionele dissipline. Ons het ‘n stel huisreёls wat elke kind bewus maak van aanvaarbare en onaavaarbare gedrag. Elke reёl word verduidelik, sodat die kind dit verstaan.

VOORBEELD:

Huisreёl: In ons huis slaan ons nie aan mekaar nie. Ons respekteer mekaar se liggame en mag nie seermaak nie.

Sagte dissipline beteken passiewe ouers. So vals. Inteendeel verwag dit van ouers om meer intensief betrokke te wees. Ouers neem die tyd om op die kind se vlak te kommunikeer, is pro-aktief, en help kinders om oplossings te vind, en vaardighede te ontwikkel.

Respek vir jou kind verswak jou posisie. Inteendeel. Respek kweek respek. Wanneer jy jou kind se gevoelens respekteer en moeite doen om te luister, leer jy ook jou kind om dieselfde te doen vir jou. In tradisionele dissipline word respek op vrees gebou en al wat gekweek word is bang kinders.

Sagte dissipline ondermyn die ouer. Hierdie is die grootste rede hoekom ek tradisionele dissipline verruil het vir sagte dissipline. My ouers het geglo dat alle grootmense gerespekteer moet word, en as gevolg daarvan was ek gemolesteer toe ek 5 jaar oud was. Respek word verdien.

Sagte dissipline as baanbreker:

Ons samelewing loop op uitgetrapte paadjies, en as gevolg van jarelange tradisionele metodes, vra niemand meer vrae nie. Ons doen wat ons ouers gedoen het, maar hier is iets om oor na te dink:

Kinders is uitgelewer aan ouers. Hulle het nie die vermoё om hulle omstandighede te verander nie. Elke volwassene behoort hierdie verantwoordelikheid ernstig op te neem, en die kind waarmee God hulle vertrou met liefde en respek behandel.

Vir my is daar net een pad vorentoe – ‘n nuwe pad, waar kinders veilig en heel anderkant uitkom.

xoxo

 

7 thoughts on “HOEKOM EK TRADISIONELE DISSIPLINE VERRUIL HET VIR SAGTE DISSIPLINE

  1. Ek was seker ‘n meer tradisionele ma wat dissipline aanbetref. Tog het ek my kinders se opinies gerespekteer. Die jonger een wat 7 jaar na die ander gekom het, is met sagter dissipline grootgemaak. Kan ek sê (hoopvol), dat ek ‘n kombinasie van die twee was?

    Like

  2. Ek hanteer my kinders eerste met sagte dissipline maar soms hou hulle maar net aan met slegte houdings en al wat dan werk is ‘n pakslae. Hoe hanteer jy dit dan as jy mooit verduidelik het, na die kinders geluister het en hulle is steeds nie gehoorsaam en werk saam nie?

    Like

    1. Hendra, ek glo glad nie in pakslae nie. Dis iets wat Mikhail my geleer het met sy Asperger. Hy het eendag vir my gevra hoekom ouers aan kinders slaan, as hulle nie eers aan katte slaan nie. Mikhail reageer baie goed op sagte dissipline, omdat dit nou al deel is van ons elke dag, maar in die begin moes ek hom kamer toe stuur. Ek sou verduidelik dat hy eers weer kan deel wees van ons dag wanneer hy omverskoning gevra het. Tot dan toe kon hy nie saamspeel nie. Dit help ook om baie stories te lees wat wentel om goeie gedrag. My ma het ‘n reeks boekies geskryf – spesiaal vir Mikhail omdat hy nie sosiale vaardighede verstaan het nie, sodat hy teoreties kon leer wat goeie gedrag is. Wees ferm, verduidelik dat die gedrag onaanvaarbaar is in julle huis en dat hy net kan deel wees van die groep as hy almal met respek hanteer. Dit het omtrent drie maande geneem om die nuwe metode suksesvol te implementeer. In die begin was my kind baie bang dat ek weer sal slaan en dan het ek verduidelik dat ons nie aan mekaar mag slaan nie, omdat dit nie is wat mense wat vir jou lief is doen nie, maar dat ek hom wel moet leer tussen reg en verkeerd. Ek het hom ook geleer dat kwaad nie ‘n emosie is nie, maar dat kwaad emosies wegsteek. Bv. Hoekom is jy kwaad, Khailie? Wat steek kwaad weg? Hy sal dan antwoord en noem dat hy jaloers is, of dat hy bang is, en so leer het hy geleer om te verstaan waaroor kwaad gaan. Hy kon die situasie beter verstaan en het geleer om te erken hoe hy voel. Bv. Ek is kwaad want Dylan het vir my gelag en my skaam gemaak. Dylan, asb moenie vir my lag nie, dit laat my skaam voel en dan word ek kwaad. Hoop dit help. 🙂

      Like

      1. Ek sal bietjie implement en kyk, ek hou van die kamer toe stuur idee. Dis vir my ook moeilik want ek het’n baie ongedulidge man wat sommer hard pakslae gee as sy orders nie uitgevoer word nie. Ek weet nie hoe om vir hom te verduidelik dat sagte dissipline beter gaan wees nie. Enige idees hierom? Dankie vir die baie mooi verduideliking en terugvoer!

        Like

      2. Daar is maniere om manlief aanboord te kry, maar dit hang regtig van sy persoonlikheid af. As jy dink hy sal oop wees vir die idee dat julle die onderwerp navors, dink ek hy sal self begin insien hoe gevaarlik tradisionele dissipline vir ‘n kind se selfbeeld is. ‘n Ander plan is om vir hom te vra of julle dit vir drie maande kan probeer, omdat jy hoor dat mense beter resultate kry met sagte dissipline. Jy kan vir hierdie drie maande self die dissipline hanteer, en jou dae gebruik om die kinders met geduld te dissiplineer. Jou man behoort sommer vinnig ‘n verskil in die kinders te sien..doen lekker navorsing sodat jy vir hom die voordele van sagte dissipline kan uitwys. Miskien kom hy ook uit ‘n agtergrond van streng, konserwatiewe dissipline uit, en is hy maar net besig om wat hy geleer is te herhaal. Sterkte Hendra, en laat weer hoe dit gaan. Jy kan my enige tyd kontak as jy raad of hulp nodig het.

        Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s