Die Atelier

Ons is kunstenaars, storie vertellers en ontwerpers.

Daar is iets baie besonders wat gebeur wanneer ‘n mens skool laat vaar. Jy vind jou passie vir die lewe, en voor jy weet is daar ‘n duisend dinge waarin jy belangstel.

My ma grap altyd dat ek met ‘n verfkwas gebore was. Sit iets voor my neer en dit word geskuur en geverf. Laat loop my in ‘n kamer in, en kort voor lank is die mure in ‘n ander skakering. Ek hang fotos teen mure, verander rommel in kuns en tussen deur doen ek vryskuts werk as PR Konsultant.

Dylan speel kitaar, skryf liedjies, programmeer, en ontwerp logos aanlyn vir oorsese kliente terwyl hy verder studeer.

Lee leef vir haar perde, voer al ons wilde katte, speel kitaar en is besig met nog ‘n kursus.

Mikhail doen wiskunde aanlyn, werk en woeker in sy groentetuin, ontwerp die snaakste goed, kyk You Tube en praat aanhoudend met homself.

Ons het ‘n Atelier nodig wat almal kan akkommodeer. En daar is nie ‘n beter plek as die soldervertrek in ons grasdak huis nie.

Hou hierdie spasie dop vir fotos van ons Atelier. Dit kom binnekort.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s