Liefdadigheid

DIE ONTSTAAN VAN TREE OF LIFE.

Elke mens ontvang ‘n gawe van God. Vir Mikhail was dit ‘n sin vir regverdigheid.

Op drie jarige ouderdom begin hy al planne beraam hoe hy eendag gaan verseker dat al die hawelose mense huisies kry.

Hierdie is Liewe Jesus se aarde, mamma. Mense mag nie Jesus se goed vir hulleself vat en vir ander mense sê daar is nie plek vir hulle om te bly nie. Dit maak God se hart baie seer. Hy het die aarde groot genoeg gemaak vir almal van ons.

Op nege begin hy dan sy eie groentetuin en verduidelik dat sy groente vir die mense is wat nie kos het nie. Hy begin droom oor ‘n kleinhoewe waarop hy houthuisies gaan bou sodat alle mense veilige huisies het om in te slaap. Vir die kindertjies wil hy “lekke pakkies gee, en so droom en praat my kind totdat ek besluit het dis tyd om te help.

So word Tree of Life gebore. ‘n Da Vinci-kind projek.

OORLEWINGSPAKKIES

“Verbeel jou ons het nie ‘n huisie nie, mamma. Wat sou jy die meeste nodig kry?”

INHOUD

  • Vullis Sakke, Rubber Handskoene, Oopmaker, Oorlewingskosse, Aanmaak Koeldrank, Koffie, Suiker, Kombers, Hoed, vuurhoutjies, kerse, sonblok en seeppoeier
  • Vars groente, asook
  • ‘n Toiletsakkie, gevul met: Noodhulp, Kam, Onderarm Rol, Tandepasta, Tandeborsel, Shampoo, seep, en waslap

LEKKE’PAKKIES

“As ons nie ‘ n huisie gehad het nie sou ek seker ook nie lekkergoed gehad het nie. Jy sou dink dis geldmors.”

INHOUD

  • Hoed, T-hemp, speelding, koeldrank en verskeidenheid lekkergoed

PIENKVOET PAKKIES

“Waar slaap ‘n babatjie wie se mamma nie ‘n huis het nie, mamma?”

INHOUD

  • ‘n Boks wat as bedjie kan dien (soos in Finland)
  • ‘n Matras
  • Baba kleertjies, doeke, ‘n bottel, kombersies, handdoek, en formule melk
  • Sagte speelding

LASLAPPIE LAND

Laslappie1

“Ek gaan baie geld maak eendag. Dan gaan ek ‘n stuk grond koop en baie klein houthuisies bou. Al die mense wat nie huisies het nie gaan verniet daar kom bly. Daar gaan ‘n groentetuin wees sodat hulle kos ook het, en daar gaan ‘n parkie wees waar die kinders kan speel.”

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s