Meer Oor Ons

Mariska2

HALLO.

Ek is Mariska. As kind het ons nooit lank in een dorp gewoon nie. Wat vir my broers effens traumaties was, was vir my ‘n wonderlike avontuur. Nuwe huise, nuwe dorpe, nuwe mense. (As die jongste van drie kon ek darem agter my boetie wegkruip op die eerste dag by ‘n nuwe skool.)

Nou is ek ‘n ma van twee. Een 19 en een 9. Die sigeunersbloed druis deur my are en ek is so dankbaar dat ek my kinders kan leer kyk. Leonardo da Vinci het gese: “There are three classes of people: those who see, those who see when they are shown, and those who do not see.”

Die wêreld is mooi. Daar is so baie om te sien en te leer. Ek wou nie hê my seuns moes in die skoolbanke gaan sit en leer om soos ander te dink nie. Ek wou nie hê mensgemaakte instellings moes hulle beroof van hulle oorspronklikheid nie.

Tuisonderrig het my nie bang gemaak nie. Dit was net ‘n natuurlike uitvloeisel van wie ons is.

FotorCreated

ONTMOET DYLAN

Dylan is negentien en studeer huidiglik deur UNISA. Ja, jou kind kan Universiteit toe gaan na tuisonderrig.

Dylan het op sestien sy Internasionale Diploma in Fotografie verwerf. In 2014 verwerf hy ‘n Diploma in JAVA Programmering deur UNISA. Hy is huidiglik besig met ‘n kort kursus in PHP Programmering en beplan om in Januarie ‘n graadkursus te doen in Kunsmatige Intelligensie, ook deur UNISA.

Hy is goed aangepas, kan sosialiseer, het goeie vriende en is ‘n wandelende bewys dat tuisskolers suksesvol kan wees.

Lee1

ONTMOET LEE

Lee is Dylan se meisie en nog ‘n baie goeie voorbeeld van ‘n tuisskoler wat uitblink omdat sy die Vryheid het om haar belangstellings te volg.

Sy is ‘n natuurkind. In 2014 verwerf sy haar hoёr sertifikaat in Animal Behaviour. Sy is tans besig met die ‘n opvolg kursus.

Soos Dylan, kan sy sosialiseer, het sy goeie vriendinne en is sy ‘n goed aangepaste lid van ons samelewing.

Mikhail2

ONTMOET MIKHAIL

Mikhail is nege. Hy was tot onlangs toe in ‘n privaatskool, maar hy het nie aangepas nie. Hy is uitgesproke en het definitiewe opinies; twee goed wat nie geduld word in die skoolbanke nie.

Hy is my wiskunde-kind. Hy eet nommers vir ontbyt en natuurlik weet hy van die googolplex. Die grootste nommer in die wereld. Dis nie ‘n term wat in formele wiskunde gebruik word nie, maar dis ‘n erkende term wat selfs in die Oxford Engelse Woordeboek opgeneem is.

Sy wiskunde onderwyser het dit nie waardeer dat Mikhail hom korrigeer toe hulle die grootste getalle in wiskunde bespreek nie. My uitgesproke kind het sy onderwyser net daar en dan in ‘n kategorie geplaas van “ iemand wat my nie kan leer wat ek wil weet nie.”

So word nog ‘n Da Vinci-kind gebore.

Kom gerus saam op al ons avonture.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s