ONDERHOUDE

‘N ONDERHOUD MET DYLAN & LEE

Onderhoude1

DAAR WORD BAIE BESPIEGEL OOR TUISSKOLERS EN ISOLASIE. BAIE MENSE GLO DAT TUISSKOLERS NIE IN DIE WERKLIKE LEWE LEEF NIE EN DAT HULLE NIE IN VOELING BLY MET HUIDIGE SITUASIES IN DIE LAND NIE. WAT IS JULLE OPINIE?

Ek dink tuisskolers kry meer blootstelling aan landsake, ekonomie, en enige ander onderwerp as kinders in publieke skole. Ons kry meer geleenthede om betrokke te raak in gesprekke en voer al van kleins af debat met ons ouers. Die publieke skoolsisteem moedig nie kinders aan om betrokke te raak in gesprekke nie en word tot ‘n mate selfs weerhou daarvan om opinies te lug. (Dylan)

DYLAN, JY HET NIE DIE TRADISIONELE ROETE GENEEM EN ‘N KURRIKULUM GEVOLG NIE. BAIE MENSE SOU VOEL DAT JY ‘N TE KORT HET AAN BLOOTSTELLING AAN SEKERE VAKRIGTINGS. WAT IS DIE TIPIESE REAKSIE WAT JY VAN MENSE KRY WANNEER HULLE HOOR DAT JY SKOOL TOTAAL EN AL LAAT VAAR HET?

In die begin het ek baie weerstand gekry, veral van my oumas af wat uit die industriele era uit kom. Hulle was baie bekommerd oor wiskunde, geskiedenis en algemene kennis. Hulle het ook ‘n sterk opinie gehad oor die Nasionale Senior Sertifikaat en dat ek nie daarsonder sal kan studeer nie.

WAT IS VOLGENS JULLE DIE GROOTSTE WANPERSEPSIE WAT AAN TUISONDERRIG GEKOPPEL WORD?

Soisalisering. (Lee)

Definitief sosialisering. Mense glo dat tuisskolers nie sosialiseer nie en dat hulle skugter, bang kinders is met geen selfvertroue nie. Tog het my selfbeeld en selfvertroue positief verander by die huis, juis omdat ek my opinie kon lig in ‘n veilige omgewing, waar dit gerespekteer was. Ek het baie goeie vriende gemaak, en was ook by ons kerk betrokke. (Dylan)

LEE, AS IEMAND WAT VIR ‘N GROOT GEDEELTE VAN JOU SKOOLLOOPBAAN IN PUBLIEKE SKOLE WAS, HOE VERGELYK DIE TWEE WERELDE?

Uit ondervinding weet ek dat publieke skole kinders forseer om te sosialiseer, en dit was vir my ‘n bron van ongelukkigheid. Ek het nie werklik ‘n keuse gehad met wie ek wou assosieer nie. Ons klasse was groot, tussen 30 en 35 kinders, en dit was moeilik om te vra vir hulp. Daar is altyd die vrees dat ander kinders vir jou sal lag. Publieke skool het my selfvertroue ‘n knak gegee. As ek na Dylan kyk, sien ek hoe anders hy groot geword het. Julle bespreek onderwerpe sommer vir pret, en dit het my oor die laaste 2 jaar soveel selfvertroue gegee, en ook my algemene kennis uitgebrei.

DYLAN, HOE HET JY DIT REGGEKRY OM BY UNISA IN TE KOM SONDER MATRIEK?

Ek kon ‘n portfolio indien wat bewys het dat ek reeds vanaf die ouderdom van 11 af programmeer en met rekenaars werk. My self-studie het ‘n groot rol gespeel in my toelating. Ek het ‘n Diploma kursus deur ‘n Amerikaanse Instansie gedoen (hulle erken tuisskolers) en dit het dan ook bygedra tot my suksesvolle inskrywing by UNISA.

DIE GROOT VRAAG: SAL JULLE JULLE EIE KINDERS IN DIE PUBLIEKE FASILITEITE PLAAS, OF TUIS ONDERRIG?

Ek sal beslis nie die publieke onderwys as ‘n keuse oorweeg nie. Ek sal dalk oorweeg om hom in ‘n privaat skool te plaas, waar daar nie na onderwys gekyk word in die tradisionele sin nie. Anders sal ek tuis onderrig. (Lee)

Die publieke skole is nie eers op my lys van moontlike opsies nie. Ek sal tutors gebruik, en tuis onderrig.

DINK JULLE DIT IS MOONTLIK OM TUIS TE ONDERRIG INDIEN MENS NIE ‘N BOGEMIDDELDE INKOMSTE HET NIE. IS TUIS ONDERRIG NIE EEN VAN DIE DUURSTE MANIERE VAN ONDERWYS NIE?

Lekker lag ek nou, ma. Ja, natuurlik kan ‘n mens nogsteeds tuis leer as geld ‘n probleem is. Daar is duisende, nee, miljoene gratis hulpbronne as jy bereid is om die internet in te bring. Kyk byvoorbeeld na Oxfordowl wat ons nou gebruik vir Mikhail se geletterdheid. Ek dink mense lug opinies sonder om navorsing te doen. (Dylan)

Ja, ek dink dit begin duurder word sodra die kind hom/haarself gevind het en ‘n sertifikaat of diploma kursus wil volg, maar baie kinders het hierdie uitgawes na matriek. Tuisskolers gaan maar net vroeer Kollege toe, dis al. (Lee)

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s